15.1 Kernwaardes en Visie:
Die Diens van Barmhartigheid is gegrondves in God se genadige bemoeiing met die mens in nood en het ten doel:
· Die vestiging en die uitbreiding van die Koninkryk van God deur in die barmhartigheidsdiens konkrete gestalte te gee aan die karakter van die kerk as ‘n (diakonale) dienende gemeenskap.
· Die geestelike en maatskaplike versorging en opheffing van veral minderbevoorregte en behoeftige geloofsgenote, maar sover dit binne die diens se vermoë is, ook van alle mense in nood, afgesien van geloofs- en volksverband.
·
Om voorkomend mee te werk aan die skep van omstandighede en samelewingstrukture om die ontstaan van die nood sover moontlik uit te skakel.
Binne hierdie raamwerk word die gemeente se aksies van barmhartigheid georganiseer en leiding word geneem. Ons wil met die gawes wat die Here aan ons gegee het, dienend in die gemeenskap, ‘n verskil maak.
·
Koördineerder: Roelie Verdoes (044 871 2394 / 082 854 4929)
15.2 Diensgeleenthede:
Jy word uitgenooi om by enige van die volgende diensgeleenthede in te skakel:
· Bediening aan behoeftige kinders
(Susan Loubser 044 871 1528)
Help met die voorsiening van kos, klere, materiaal, speletjies, toerusting en leesstof aan instansies wat werk met behoeftige kinders.
·Versamel en verdeel
(Willie Louw 044 871 2316)
ervoer en versprei kos, klere en ander materiaal wat vir behoeftiges geskenk word.
·Môreson kinderhuis
(Antoinette Marais 044 871 3165)
Help kinders met huiswerk; los huisouers af gedurende naweke; ondersteun en toon belangstelling in die kinders van Huis 8 waarvoor ons gemeente verantwoordelik is bv met kinders se verjaarsdae, ens.
(Antoinette Marais 044 871 3165)
Help kinders met huiswerk; los huisouers af
·Bediening aan behoeftige gesinne in die gemeenskap
(Heleen van Schalkwyk 044 871 3165)
Voorsien kospakkies aan Rosemoor-gesinne, geïdentifiseer deur die VGK George.
·Emmers van Hoop
(Celesté Eades 083 303 8035 na 13:00)
Twee keer per jaar reik die gemeente uit na ‘n informele behuising-/plakkersgebied in ons omgewing met ‘n projek wat ons “Emmers van Hoop” noem.
Individue, gesinne of kleingroepe in die gemeente vul dan emmers met basiese lewensmiddele en gaan gee dit af by die armes en behoeftiges in die plakkersgebied.

·Nagskuiling
(Johan Marais 044 871 3248)
Lewer op deurlopende grondslag dienste aan die nagskuiling vir haweloses.
·Diakonie
(Roelie Verdoes 044 871 2394 / 082 854 4929)
Vir enige krisisbehoefte rondom die diakonie kan Roelie Verdoes geskakel word.
·BADISA
Ansie de Reuck (083 667 5827) verteenwoordig ons gemeente op BADISA se raad (die maatskaplike hulpdiensarm van ons kerk).
·Kosprojek by Van Kervelskool
Voorsien op daaglikse grondslag kos aan behoeftige kinders. Om finansieel tot hierdie projek by te dra, kan die Kerkkantoor gekontak word by (044) 871 1338.
·Versorging van armes
Sien item 15.2
·Sopkombuis
Voorsien op weeklikse grondslag sop wat aan werkloses bedien word. Skakel vir Martie van Staden by die Kerkkantoor (044 871 1338) om by ‘n span ingedeel te word wat een maal ‘n maand sop voorsien.
·Makisaki pakisaki
‘n Projek, twee maal per jaar, om met ‘n sak wat jyself het met basiese
lewensmiddele daarin, ‘n behoeftige in ons gemeenskap mee te bedien.






Onlangse Kommentaar