Erediens

deur admin

Koördineerder: Louis Venter (082 990 0525)

bergsig

Koördineer oorhoofs die sang-, musiek-, multimedia-, erediens- en gasvryheidsbediening in die gemeente. Dit sluit alle aktiwiteite voor, tydens en na die eredienste in.  Die diensgroep vergader kwartaalliks, soos op die kalender aangedui.

12.1    Algemene Inligting:
Die erediens is die hartklop van die gemeente. Dit is ‘n feestelike samekoms tot eer en verheerliking van God.
-  Hier aanbid ons die lewende God en bring ons ons offers van lof aan die Here (”LOF IS DIE OFFER WAT JY AAN GOD MOET BRING”  Ps 50:14).
- Die prediking is gerig God, die geestelike groei en opbou van elke gelowige. Die Woord van God word suiwer, dinamies en Geesvervuld verkondig.
-  Daar word gestreef na ‘n warm, hartlike, liefdevolle en feestelike erediensatmosfeer waar almal welkom is.
-  Ons streef daarna om vreemdelinge tuis te laat voel en om besoekers en nuwe intrekkers dadelik welkom te heet.
-  Gasvryheid is die styl waarmee almal ontvang word.
- Drie verskillende eredienste, elk met ‘n unieke, eiesoortige verskeidenheid om vir elkeen se spiritualiteit voorsiening te maak, word aangebied.
- Soggens word die Gewone- en die Alternatiewe eredienste aangebied en saans vind die jeug- gerigte Kruisdiens plaas.
-  Elke kwartaal word die eredienste soggens en saans volgens ‘n nuwe tema in ‘n reeks aangebied. Gespreksmateriaal vir kleingroepe word opgestel om tydens byeenkomste van alle groepe gebruik te word.

12.2 Bedieninge:

- Sang- en Musiekbediening tydens Eredienste
Gewone erediens - Surika Louw (044 871 1212)
Alternatiewe erediens - Surika Louw (044 871 1212)
Hierdie bediening bestaan uit sang en die speel van verskillende musiekinstrumente deur lidmate om só die Here vóór en tydens al drie eredienste te dien.

- Sang- en Bewegingsgroep - Jureni Nothnagel (044 871 2787)
Hierdie groep lidmate kom weekliks bymekaar om die Here te loof en met sangen beweging te aanbid. Hulle bedien die gemeente by geleentheid tydens eredienste of diensreekse.

- Blommebediening -   Cecile Viljoen  (044 871 1986)
Verantwoordelik vir die voorsiening en rangskikking van blomme tydens eredienste en ander spesiale geleenthede.

-  Teeskinkbediening
Gewone erediens - Cecile Roestorf  (044 871 2623)
Alternatiewe erediens - Mariaan Mousley  (082 455 3438)
Kruisdiens - Marina Brink ( 084 484 8423)
Die lidmate skink tee ná die erediens, vóór die alternatiewe erediens en ná die Kruisdiens.

- Verwelkomingsbediening
Alternatiewe erediens - André en Linda Barnard (082 808 1086)
Gewone erediens - Pieter Lubbe  (044 873 0971 / 082 927 0295)
Verwelkom lidmate by al die eredienste van die gemeente.

-  Opneem van Offergawes en Bediening van die Nagmaal
Gewone erediens -  Rika van der Merwe  (044 871 2305)
Alternatiewe erediens -  Tiaan Pool  (072 374 2347) en
Hennie Pienaar (082 905 4737)

Kruisdiens - Madeleine Nel (082 376 1032)

Hierdie spanne neem dankoffers tydens eredienste op en help met die bediening van die Nagmaal.

- Geldtelbediening  -  Jan Combrink  (044 870 8853)
Spanne word gevorm wat volgens ‘n diensrooster op ‘n Maandagoggend om 08:00 alle geld wat ingesamel is, tel.

- Taakspan vir Alternatiewe Diens - Surika Louw  (044 871 1212)
Hierdie span vergader Donderdagmiddae om 17:30 saam met die betrokke leraar wat die diens gaan waarneem, om die volgende week se diens te beplan.

- Multimediabediening - Jan Mostert  (072 447 0489)
Hierdie bediening behels die opstel en aanbied van alle multimediahulpmiddels wat tydens die erediens gebruik word. Dit sluit die oorhoofse dataprojektor, rekenaar, klankapparate en ‘n videokamera in.

12.3 Eredienstye:
- Raadpleeg die kalender vir eredienstye.
- Die eredienstye word ook voor die kerk, op ‘n kennisgewingbord vertoon.
- Tydens vakansies en langnaweke word daar ook twee oggenddienste, elk met eie atmosfeer en karakter, aangebied. Let asb op dat tye in die vakansie verander.
- Rekenaarbediening : Magda Rossouw  (083 352 4451)
- Kindertydbediening : Tiaan Pool  (072 374 2347)
- Inligtingstafel  : Louise Hofmeyr (083 324 5724)

12.4 Wenke:

Enige wenke of opbouende raad in verband met die eredienste word verwelkom.
Gee dit gerus deur aan een van die leraars, die Diensgroepkoördineerder of aan die Kerkkantoor.

HINT: There are NO posts in the category called Events