Koördineerder: Daan Roestorf (044 871 2623)
Visie: Om ‘n kultuur van gebed te vestig sodat dit die hartklop van elke aktiwiteit in die gemeente is.
Gebed is nie die werk van ‘n kleingroepie in die gemeente nie, maar van elke lidmaat. Enige persoon wat in ‘n verhouding met God leef, moet kan getuig van ‘n gebedslewe. Elkeen in die gemeente het die geleentheid om aan verskeie gemeentelike gebedsgeleenthede deel te neem.
Enige persoon wat belangstel om betrokke te raak by enige van die gebedsaksies, kan met Daan Roestorf of die kerkkantoor skakel.
Gebedsversoeke
Indien u gebedsversoeke vir die Gebedsbediening wil deurgee, kan u die versoek in die bussies by die deure ingooi. Antwoorde op u gebede kan u op dieselfde manier deurgee, sodat ons sáám met u die Here daarvoor kan dank.
Die gebedskapel is aan die agterkant van die kerkgebou (op die stoep by die braai-area). Daar is ‘n kodeslot aangebring sodat dit te alle tye toeganklik is vir persone wat die behoefte het om daar te gaan bid. Die kode kan by die kerkkantoor gekry word.
Die Bulletin
Die Bulletin is so opgestel dat dit as ‘n daaglikse gebedsgids gebruik kan word.
Gebedsaande
Daar word elke kwartaal ‘n gesamentlike gebedsgeleentheid gehou. Al die datums word op kalender aangedui.
Sondagoggende-gebed
Ons poog om elke Sondagoggend voor die eerste diens, en elke aand voor die Kruisdiens vir ‘n kleingroep in ons gemeente geleentheid te gee om saam vir die erediens en spesifieke sake in die gemeente te bid.
Gebed in kleingroepe
Alle selgemeentes, Bybelstudie- en dissipelskapgroepe word versoek om tydens hul byeenkomste hoë prioriteit aan gebed te gee.
Gebedsgids
Indien jy by die huis wil saambid kan jy ‘n gebedsgids, met gebedsversoeke vir elke dag van die week, by die kerkkantoor kry.
Gebedsgeleenthede
- Oggendgebedsgroep
Elke Dinsdag- en Donderdagoggend van 06:20 - 06:40 in die Jeuglokaal.
- Dinsdagaandgebedsgroep
Dinsdae van 17:30 - 18:30 in die gebedskapel.
- Woensdagaandgebedsgroep
Woensdae van 16:30 - 17:30 by Bokmakieriestraat 25 (Sendingbiduur).
- SMS gebedsbediening
Die bediening bid vir dringende sake wat per sms aan die lede gestuur word.
As jy wil inskakel of ‘n dringende versoek het wat jy wil deurgee, kontak die kerkkantoor.
- Jaarlikse gebedsweek
Die eerste week van die skooljaar in Januarie, word daar vanaf Maandag- tot Donderdag aande vir die gemeente en ons werksaamhede gebid.




Onlangse Kommentaar