Getuienis

deur admin

Visie

Om die gemeente op so ‘n wyse te dien dat ons saam deel kan wees van die uitbou van God se Koninkryk in die wêreld. Ons visie is gebaseer op Hand 1:8, dit wil sê ons reik saam uit van Jerusalem (George) tot by die uithoeke van die wêreld, in die krag van die Heilige Gees.

Ons wil dit graag bereik deur:
- Sendelinge uit te stuur en/of te ondersteun deur middel van projekspanne.
-Projekte en uitreikaksies  plaaslik en verder.
- Gebed.
- Finansiële ondersteuning van sendelinge, projekte en uitreikaksies.

Ons wil dit graag bereik deur:

  • Sendelinge uit te stuur en/of te ondersteun deur middel van projekspanne.
  • Projekte en uitreikaksies - plaaslik en verder.
  • Gebed.
  • Finansiële ondersteuning van sendelinge, projekte en uitreikaksies.

copy-of-ggo-2011-sendelinge-21

Koördineerder: André Olivier (082 551 8900)

Neem vrymoedigheid om by enige van die volgende projekspanne of diensgeleenthede in te skakel. Ons het jou baie nodig!!

1.1 Sendelinge deur die gemeente uitgestuur:
(Projekspankoördineerders se name word in hakies aangedui)

· Gerrit en Sonja Brink - Turke / Nederland
(Danie van der Merwe  044 884 1014 (w); Felicia Truter  044 873 2288)
Gerrit (gemeentelid) en Sonja en hul drie kinders Mateo, Talita en Elyza is werksaam in Den Haag, Nederland en werk onder die Moslems.

brink105_0185

· André en Lidy van der Bergh - Italië
(Hennie en Magda Rossouw  044 871 1520)
André (gemeentelid) en Lidy doen opleiding en versorging van sendelinge in Sentraal Europa (met fokus op die Albanese). Hulle standplaas is in Italië.van-der-bergh

· Petria Theron - Mosambiek
(Willie Louw  044 871 2316)
Petria, vroeër onderwyseres by Hoërskool Outeniqua en gemeentelid, is ‘n dosent by ‘n teologiese opleidingsinstituut in Mosambiek.  Sy werk by Hefsiba te Vila Ulongue.

petria-theron-sending-001

· Algerië
(Cornel van den Berg  082 870 3631)
Twee Algerynse vlugtelinge wat in Suid-Afrika hul teologiese opleiding ondergaan het, werk op die oomblik in Algerië en Frankryk, onder die duisende Algeryne en Noord-Afrikane.
Algerië is dan ook ons gebedsland waarvoor ons op deurlopende grondslag bid.

al-summer-0309
· Francois en Nadia Hattingh  Mosambiek
(David Porter  044 874 4798)
Francois (gemeentelid) en Nadia, saam met hul kinders, Franco, Simoné en Waldo, werk as kerkplanters, onder beskerming van New Tribes Mission, onder die onbereikte groepe in die Noorde van Mosambiek.

of-2010-family-and-team-033

· Gerrie en Arlene Coetzee - Portugal
(Paul Hoffmann  -  082 577 5302)
Gerrie en Arlene (gemeentelede) doen evangelisasiewerk en kerkplanting in die Lisabon-omgewing in Portugal.

portugal-sending-002

Laai gerus meer inligting af- volg die skakel: Gerrie en Arlene Coetzee Inligting


1.2 Ander Sendelinge en Projekte:

· André Buitendag - CREDO
(Jimmy Coetzee  044 871 0955)
Bedien gemeentes in George rondom ‘n sendingvisie en is deur die CREDO-bediening voltyds besig met gemeenskapsopheffing. Ons kerk speel in laasgenoemde ‘n leidende rol.

· Straatevangelisasie / Karavaan  Saterdagoggende
(Gerrit Schoeman  044 871 3239 en Gert Fourie  083 292 3061)
Verskeie spanne bedien die evangelie in die middedorp vanuit ‘n doelmatig-ingerigte karavaan.  Bybelverspreiding speel hier ‘n belangrike rol.

· Arbeidsbediening - Weekliks of maandeliks
(Pietie le Roux  voltyds in diens van Arbeidsbediening 072 243 3001)
Bring ‘n kort geestelike boodskap, weekliks of een maal per maand by ‘n sakeonderneming in die dorp.  Toerusting word van tyd tot tyd gegee.

· Thembalethu 2000 uitreiking  Sondagmiddag
(Willie Louw  044 871 2316)
‘n Projek waardeur die jeug van Thembalethu op ‘n weeklikse basis met die Woord en kos bedien word.

· Ekumeniese bediening
(Charl du Plessis  044 871 1379)
Werk in George op interkerklike vlak saam met ander gemeentes en kerke om uitdrukking te gee aan die eenheid van die liggaam van Christus.

· Msinga
(Fanie Buys  079 785 3027)

Hierdie gebied is geleë in die hart van KwaZulu-Natal.
Dit is een van die plekke met die minste Christene in SA. Ons gemeente is betrokke deur die ondersteuning van Di Lourens Schoeman en Bonginkosi Sithole en kinderevangelis, Maryna Schoeman.  Ons stuur ook elke jaar ‘n korttermyn uitreikspan na eBusi in die gebied.

· Ander
Die gemeente bied ook finansiële, morele en gebedsondersteuning aan verskeie ander sendelinge en/of projekte.
Hulle besonderhede is in die gemeente se Sendinggebedsgids beskikbaar.
(Verkrygbaar by die inligtingstoonbank en die kerkkantoor).

1.3   Gebed vir Sending:

Die volgende aksies rondom gebed, bied aan elke lidmaat geleentheid om ‘n gebedsendeling te wees:

· Ons gebedsland is Algerië.  Algerië is ‘n Moslemland en Christene is minder as 1% van die bevolking.

· Ons gebedsvolk is die Koerde van die Midde-Ooste. Hulle is ook Moslems en is die grootste volksgroep ter wêreld sonder ‘n eie vaderland. Hulle geskiedenis is gekenmerk deur konflik en bloedvergieting.

· Gemeentebulletin. Dit is so gestruktureer dat daar daagliks vir sake met betrekking tot wêreldsending gebid kan word.

· Ons sendinggebedsgids word aan die begin van elke jaar aan elke lidmaat en skoolgaande kinders verskaf. Die gids bied jou die geleentheid om elke dag vir ‘n spesifieke sendeling te bid.

Sondag:

so2


Maandag:ma1

Dinsdag en Donderdag:

di-do1

Vrydag:

vry2Saterdag:

sat

· Gebedsaksie vir wêreldevangelisasie en sendelinge.
(Johan de Wet  044 871 3353).
Die aksie kom Woensdae om 17:30 te Bokmakieriestraat 25 bymekaar om spesifiek te bid vir wêreldevangelisasie.

1.4  Finansies:

Ons befonds ons sendelinge, projekte en aksies deur middel van:

·Geloofsgelofte-offers (GGO) wat spesifiek vir wêreldsending gegee word:
Aan die begin van die finansiële jaar kry elke lidmaat (ook ons kinders) geleentheid om ‘n GGO te maak.  Dit is ‘n wonderlike geleentheid om in die geloof te groei soos jy ervaar hoe die Here bo jou verwagting voorsien. Jaarliks word hierdie offers tydens Februarie/Maart hernieu. Alle fondse wat vir sending gegee word, word in ons Sendingfonds, waaruit al ons verpligtinge ten opsigte van wêreldsending nagekom word, gestort.

Kaartjies is ook by die kerkkantoor beskikbaar:a-ggo-2011-1
a-ggo-2011-22

· Testamentêre bemakings: Oorweeg dit biddend om ‘n testamentêre bemaking ten bate van ons Sendingfonds in jou boedel te beskryf.  Op dié wyse kan jy selfs na jou dood by wêreldsending betrokke wees en steeds die koninkryk van God dien.

· Donasies: Alle donasies vir wêreldsending word in die Sendingfonds gestort en vir dié uitsluitlike doel aangewend.

HINT: There are NO posts in the category called Events