Jeug

by admin » click here for full post

dsc02510-1000

VISIE:

‘n Groot en belangrike deel (32%) van ons gemeente bestaan uit ons jongmense jonger as 30. Ons doel en visie vir ons jongmense en kinders is om elkeen van hulle te help om:

·    lewenslank ‘n volgeling van die Here Jesus te wees en te bly,

·    geestelik te kan groei,

·    diensbaar in die Koninkryk te wees.

dsc02440-1000

1.    Kategese

Kategese bly steeds die hoogste prioriteit van die bediening aan ons kinders en jongmense.

Dit vind weekliks tussen die twee eredienste, en net voor Kruisdiens plaas.

Gr 1-7 09:10 - 09:50,   Gr 7-11 09:10 - 09:50 óf  17:15 - 18:20

1.1    Leierkategeet:

Gr 1-6  Carolien de Wet (073 558 0091);

en Gr 7-12 Derik Cloete (083 654 8712)bybel-001

1.2    Kleingroepe:

Elke jaargroep word verdeel in kleiner groepe, wat informele onderrig, kommunikasie en verhoudingsbou bevorder. Die tye van die kategese word op die almanak aangedui. Indien jy ‘n nuwe intrekker is, ontmoet die leierkategeet net na die eerste diens in die Jeuglokaal. Hulle sal sorg dat jou kind(ers) in ‘n groepie geplaas word.

Om ‘n kategeet van ‘n kleingroep te wees, is ‘n roeping. Meld asb aan by die leierkategeet as die Here dit op jou hart lê.

1.3    Skakel met getuienisprojekte: Ferdi Ras (083 310 0632)

Ferdi koördineer die skakeling van ons kategesegroepe met ons sendelinge wat ons uitgestuur het.
2.    Kleuterkerk: Danette Kotzé (083 647 5400).

Die Kleuterkerk (voorskoolse kinders) vergader elke Sondag tydens die Alternatiewe diens in die Jeuglokaal.

Lof en aanbidding, ‘n poppeteater en Bybelse onderrig word vir die kinders op hulle vlak aangebied.

copy-of-kleuterkerk-aug-09-011

kleuterkerk-010

Ander jeugaktiwiteite

3.1     Kruisdiens: Madeleine Nel  (082 376 1032)

Elke Sondagaand om 18h30 word ‘n jeuggerigte diens vir al die jongmense aangebied. Kom skakel in en raak betrokke!! Ons kuier heerlik na die tyd saam.

hande bybel

3.2     Dissipelskap vir Gr. 12’s: Derik Cloete  083 654 8712

‘n Proses in geestelike begeleiding. Vir almal wat wil groei in hul verhouding met God …  wat as Sy dissipels in die wêreld wil leef … wat wil leer om in Sy teenwoordigheid te leef … kom sluit aan by ons.

3.3    Dissipelskap vir jongmense: Henriëtte Smith (082 889 0777)

Werkende jong lidmate vergader weekliks met die oog op geestelike groei, dissipelskap en verhoudingsbou. Vir meer inligting of behoefte om in te skakel, kontak gerus vir Henriëtte.

bid

3.4    Koshuisbediening (Oompie Meyer):

Joy du Toit (044 871 1290)

Bybelstudie word Maandagaande saam met die dogters van die koshuis gehou. Dames wat as groepleiers betrokke wil raak, kan vir Joy skakel.

3.5    Koshuisbediening (Beyers Tehuis):

Freddie Stander (044 871 2681)

Bybelstudie word weekliks  op ‘n  Maandagaand vir die seuns van hierdie koshuis in kleingroepe gehou. Mans is welkom om te kom help as leiers. Kontak gerus vir Freddie.

3.6 Saasveld Bybelstudiegroep:

Dinsdagaande by Saasveld. Kontak Rudolph Grobler (082 820 9899)

3.7 facebook-logo Chat op Facebook:

Rudolph is beskikbaar vir char op Facebook Woensdae 16:00-18:00. Invite hom op Facebook by Wollie Rudolph Grobler.


3.8   Aktiwiteite:

jamJ.A.M. = JESUS & ME :

Heleen Fourie (071 8800 718)

Vir  laerskool kinders (Gr 1 - 7), Woensdae 17h15 - 18h15 by die kerk.

copy-of-foundations_jpg

FOUNDATIONS:

Ruan Venter (082 685 9857)

en Francois Swart (082 709 0852)

Hoërskool jeug Donderdae 19h00 -  21h00

JEL

J.E.L  - JESUS = LIFE :

Marina Brink (084 484 8423)

Vir Naskool studente en werkende jongmense

Woensdae  19h00 - 21h00



/

HINT: There are NO posts in the category called Events