Barmhartigheid

deur admin

handeDie Diens van Barmhartigheid is gegrondves in God se genadige bemoeiing met die mens in nood en het ten doel:

  • Die vestiging en die uitbreiding van die Koninkryk van God deur in die barmhartigheids­diens konkrete gestalte te gee aan die karakter van die kerk as ‘n (diakonale) dienende gemeenskap.
  • Die geestelike en maatskaplike versorging en opheffing van veral minderbevoorregte en behoef­tige geloofsgenote, maar sover dit binne die diens se vermoë is, ook van alle mense in nood, afgesien van geloofs- en volksverband.
  • Om voorkomend mee te werk aan die skep van omstandighede en samelewing­struk­ture om die ontstaan van die nood sover moontlik uit te skakel.

Binne hierdie raamwerk word die gemeente se aksies van barmhartigheid georganiseer en leiding word geneem. Ons wil met die gawes wat die Here aan ons gegee het, dienend in die gemeenskap, ‘n verskil maak.

HINT: There are NO posts in the category called Events