- Die erediens is die hartklop van die gemeente. Dit is ‘n feestelike samekoms tot eer en verheerliking van God.
- Hier aanbid ons die lewende God en bring ons ons offers van lof aan die Here (”LOF IS DIE OFFER WAT JY AAN GOD MOET BRING” - PS. 50:14).
- Die prediking is gerig God, die geestelike groei en opbou van elke gelowige. Die Woord van God word suiwer, dinamies en Geesvervuld verkondig.
- Daar word gestreef na ‘n warm, hartlike, liefdevolle en feestelike erediensatmosfeer waar almal welkom is.
- Ons streef daarna om vreemdelinge tuis te laat voel en om besoekers en nuwe intrekkers dadelik welkom te heet.
- Gasvryheid is die styl waarmee almal ontvang word.
- Drie verskillende eredienste, elk met ‘n unieke, eiesoortige verskeidenheid om vir elkeen se spiritualiteit voorsiening te maak, word aangebied.
- Soggens word die Gewone- en die Alternatiewe eredienste aangebied en saans vind die Kruisdiens plaas.
- Elke kwartaal word die eredienste soggens en saans volgens ‘n nuwe tema in ‘n reeks aangebied. Gespreksmateriaal vir kleingroepe word opgestel om tydens byeenkomste van alle groepe gebruik te word.
Erediens
deur admin




Onlangse Kommentaar