Sang en Bewegingsgroep

deur admin

Hierdie groep lidmate kom weekliks bymekaar om die Here te loof en met sang en bewe­ging te aanbid. Hulle bedien die gemeente by geleentheid tydens eredienste.

Jureni Nothnagel (04487112787; 082 257 7561)

2 Sam 6:14

“Dawid het met alle mag gedans voor die aangesig van die Here” 1963 vert

“Dawid het met volle oorgawe voor die Here gedans”  NLV

Hy’t ons vrygemaak om so voor Hom te dans. Wanneer ons dans is ons buite onsself van liefde vir Hom ons “Messiah”, Verlosser en Redder.

Ons het nie altyd die woorde om dié liefde en aanbidding wat in ons harte brand uit te spreek nie. Met arms opgehef tot Hom; voete wat beweeg en knieë wat buig voor Hom, stort ons die aanbidding en eer wat Hom toekom voor Hom uit.

DOEL:

1. Om deur dans en beweging, Hom te loof en te prys.

2. Om só die Evangelie en Waarheid te bring waar ons beweeg.

3. Om kruike te wees waardeur Sy Gees profeties kan vloei tot genesing, verlossing en vrymaking van ander.





871 2787)

HINT: There are NO posts in the category called Events