Ons is reeds sedert 2004 besig met ‘n dissipelskapproses waartydens elke lidmaat geleentheid kry om oor ‘n twee- tot driejaar tydperk op ‘n intensiewe wyse opgelei en toegerus te word om die Here te dien en vir Hom te leef dáár waar Hy ons in die samelewing geplaas het.
Dit is nie ‘n “kursus” nie, maar riglyne en beginsels wat neergelê word vir ‘n lewende verhouding met God, ons Vader. Die proses gee aan gelowiges die kans om oor ‘n langer tydperk, baie belangrike uitgangspunte en beginsels betreffende dissipelskap in hul eie lewens te integreer.
Wat vra die proses van jou?
- Intensiewe toewyding (”commitment”) - ‘n prioriteit in my weeklikse program.
- ‘n Bereidheid om gereeld met die Here te ontmoet.
- Weeklikse voorbereiding.
Jaarliks word daar weggebreek vir ‘n retraite (tyd van afsondering en stil word voor God).
Indien jy soek na geestelike verdieping en vernuwing, na ‘n nuwe en vars verhouding en persoonlike omgang met God die Vader en graag betrokke wil wees by ‘n lewenslange proses van dissipelskap, moet jy tydens die volgende aanbieding beslis kom aanmeld.
Een van ons kernwaardes is juis: “Om deur ‘n proses van dissipelskap gevorm te word tot navolgers van Jesus”.
Vir verdere inligting - kontak
Charl du Plessis(044 871 1379) of enige van die ander dissipelskapgroepleiers hieronder genoem:
Salomé van Wyk 083 284 3492
Bossie Knoetze 082 636 1914
Hannes Pretorius 084 456 0401
Anton Louw 083 286 3292
Danie Nel 083 306 2326
Eddie Sterley 072 541 4866
Marali Olën 083 629 7079
Hermien du Plessis 083 500 8996
Cornel van den Berg 082 870 3631
Sidney de Reuck 083 381 4848
Anton Louw 083 286 3292
Helene Smith 083 560 9998
Henriëtte Smith 082 889 0777
Ferdi Ras 083 310 0632.



Onlangse Kommentaar