Selgemeentes

deur admin

1.     Visie

SelOm te bou aan ons verhouding met God, met mekaar en ten opsigte van die wêreld waarin ons staan.

Koördineerder:  Ds Anton Louw 044 871 1212

Kerkwees begin daar waar gelowiges in liefde met mekaar sáám leef en funksioneer soos ‘n uit­ge­brei­de gesin.

Dit bestaan uit ‘n aantal gesinne en lede van gesinne en enkellinge (ongeveer 6 gesinne) wat hulle tot die groep verbind. Die groep word op persoonlike uitnodiging van selgemeentelede asook deur lidmate wat hul aanmeld, gevorm en is nie wyksgebonde nie. Die huisgesin skakel sover moontlik as eenheid by die selgemeente in.

2. Onderlinge liefdesgemeenskap

Dit is noodsaaklik dat die onderlinge liefdesgemeenskap in die kleingroep  beoefen en ervaar word.

In die praktyk beteken dit:

‘n lewende verhouding met die Here:

  • uit dankbaarheid teenoor Hom en as uiting van ‘n nuwe verhouding met die Here, moet  daag­­likse gehoorsaamheid aan Hom ‘n lewenswyse word;
  • tydens die byeenkomste word die teenwoordigheid van Christus in geloof ervaar en word Hy as Koning met sang en gebed aanbid en geprys.

‘n omvattende verhouding met medegelowiges:

  • gemeenskap van gelowiges is ‘n lewensgemeenskap;
  • lede is betrokke in mekaar se lewens: dit beteken om soos familie te leef, om vriende te wees; mekaar aan te moedig en op te bou; vir mekaar te bid en mekaar te ondersteun;
  • die byeenkomste is ‘n hulpmiddel om hierdie groep tot ‘n familie saam te bind.

‘n dienende verhouding met mense buite die geloofsgemeenskap:

  • die liefde van Jesus word doelbewus en onvoorwaardelik na almal wat ons pad kruis uit­gedra;
  • mense word na Christus gelei en word ingeskakel by die liefdesgemeenskap van die huis­gesin van God; hulle word gehelp en begelei om ook as dissipels van Christus te lewe.

3. Die lewe van die selgemeente

Die selgemeente leef onder die heerskappy van die Heilige Gees:

  • die groep word biddend onder leiding van die Gees saam­gestel;
  • elke lid staan binne die groep in die bediening en neem leiding, met die gawes en talente wat hy/sy ontvang het.

Die selgemeente leef soos ‘n familie:

  • daar word doelbewus liefdesbande gebou tussen die persone wat inskakel;
  • onderlinge ondersteuning en praktiese hulp word op allerlei maniere gegee;
  • die bande word versterk deur gereelde byeenkomste wat die groep self reël;
  • dit is normaalweg ‘n weeklikse gesinsbyeenkoms met ‘n gesellige sosiale karakter waar die Here vereer en aanbid word en waar saam, uit die Woord, na die stem van die Here ge­luister word;
  • byeenkomste word ook soms anders ingerig, soos byvoorbeeld op diens, gebed of ontspan­ning.

4. Die selgemeente leef as deel van die groter gemeente

  • ‘n Lid van ‘n selgemeente is nie slegs deel van ‘n geestelike gesin nie, maar ook van ‘n groter familie naamlik die gemeente.
  • Die eintlike mikpunt is dat elke lidmaat in die gemeente sal besef dat hy/sy deel behoort te vorm van so ‘n liefdesgemeenskap.

Wanneer ‘n selgemeente te groot word vir ‘n gewone sitkamer (8 en meer gesinne), ver­me­nig­vuldig hy om sodoende nog ander lede te kan betrek.

5. Wat van elke selgemeentelid verwag word

  • ‘n Lewe van getroue diens aan Christus, totale beskikbaarheid aan Hom.
  • ‘n Verbintenis van toewyding aan die geloofsgesin - verbintenis aan die groep wat uitgeleef word deur getroue meelewing met die groep.
  • Om jouself te gee deur:
  • daar te wees vir mekaar;
  • met jou gawes die ander te dien en te help versorg;
  • uit te reik na mense wat Christus nie ken nie, sowel as uitreik na mense in nood.

Kontak gerus die kerkkantoor vir ‘n lys van selgroepe (044 871 1338),

of laai af: Selgemeentes-omgeebediening-2011.pdf

HINT: There are NO posts in the category called Events