Om die gemeente op so ‘n wyse te dien dat ons saam deel kan wees van die uitbou van God se Koninkryk in die wêreld. Ons visie is gebaseer op Hand. 1:8, dit wil sê ons reik saam uit van Jerusalem (George) tot by die uithoeke van die wêreld, in die krag van die Heilige Gees.
Ons wil dit graag bereik deur:
- Sendelinge uit te stuur en/of te ondersteun deur middel van projekspanne.
- Projekte en uitreikaksies - plaaslik en verder.
- Gebed.
- Finansiële ondersteuning van sendelinge, projekte en uitreikaksies.
Kommissie
vir Getuienisaksie se Die Getuie beskikbaar
Weet jy van die publikasie Die
Getuie binne die NG Kerkfamilie? Die Getuie hou
jou op die hoogte van uitreike en opwindende vennootskappe in lande soos Malawi,
Mosambiek en Zimbabwe - dit verskyn twee maal per jaar en is ook beskikbaar by
www.kga.org.za. Kontak die KGA gerus by kgakommunikasie@kaapkerk.co.za
of 021 957 7204.



Onlangse Kommentaar