Gebed vir Sending

deur admin

Die volgende aksies rondom gebed, bied aan elke lidmaat geleentheid om ‘n gebedsendeling te wees:

  • Ons gebedsland is Algerië.  Algerië is ‘n Moslem­land en Christene is minder as 1% van die bevolking.
  • Ons gebedsvolk is die Koerde van die Midde-Ooste. Hulle is ook Moslems en is die grootste volks­groep ter wêreld sonder ‘n eie vaderland. Hulle geskiedenis is gekenmerk deur konflik en bloedver­gie­ting.
  • Gemeentebulletin. Dit is so gestruktureer dat daar daagliks vir sake met betrekking tot wêreld­sending gebid kan word.
  • Ons sendinggebedsgids word aan die begin van elke jaar aan elke lidmaat en skoolgaande kinders verskaf. Die gids bied jou die geleentheid om elke dag vir ‘n spesifieke sendeling te bid.
  • Gebedsaksie vir wêreldevangelisasie en sendelinge.

(Johan de Wet - 044 871 3353).

Die aksie kom Woensdae om 17:30 te Bokmakieriestraat 25 bymekaar om spesifiek te bid vir wêreld­evangelisasie.

Lees gerus meer onder die GETUIENIS hofie

HINT: There are NO posts in the category called Events