Gerrie en Arlene (gemeentelede) is tans besig met voorbereiding vir Portugal.
(Kontakpersoon: Lolita Rademeyer 082 372 6445)
Sending Portugal
Nadat God ons vroeg in 2002 tot voltydse sending geroep het, was ons vir ongeveer 5 jaar in Brasilie betrokke soos wat ons visums ons toegelaat het. Gedurende die tyd het ons geleer Portugees praat en was aanvanklik met YWAM Fortaleza en YWAM Crato betrokke by evangelisasie, sosiale hulpprogramme en kerkplanting in die Noordooste van Brasilie. Ons het later saam met die Presbiteriaanse Kerk van Brasilie gewerk met kerkplanting en het ook ‘n program aangebied om die lokale mense te leer Engels praat.
Voordat ons middel 2007 na Suid Afrika teruggekeer sodat Gerrie sy teologiese studies by Die Bybelinstituut van SA kon voortsit, het dit vir ons begin duidelik word dat ons in God se goeie tyd in Portugal in Sy koninkryk sou gaan werk. Die visie het verder gestalte gekry toe Gerrie in April vanjaar op die webtuiste van die Igreja Reformada Evangelica em Portugal - IRE (Evangeliese Gereformeerde Kerk van Portugal) geland het. Daar het hy gesien het dat die kerk ‘n sendingprojek van die NG Kerk in SA is en dat die Noordelike Sinode van die NG Kerk, in vennootskap met die die IRE,
verantwoordelik is vir die fasilitering van SA-sendingwerkers vir die projek. Sedert 2005 bedien Ds. Manie Taute en sy vrou Annelie die gemeente in Massamá (Lissabon) met die hulp van Pastoor Victor Maia van Portugal. Na ‘n tyd van korrespondensie met Ds Taute het hy aangedui dat die kerkraad van die IRE ons graag daar wil hê in antwoord op hul gebede vir meer sendingwerkers.’n Vegadering met afgevaardiges van die SDG N/Sinode in Pretoria het gevolg en ons is aanvaar om as sendelinge by die IRE aan te sluit om te help om die groot geestelike nood aldaar aan te spreek.
Aan die einde van 2009 het Gerrie sy BTh graad suksesvol voltooi en ons verhuis in Januarie 2010 na George. Tydens ons veblyf in George sal ons weer by NG George-Bergsig inskakel maar ons hoofdoel is om genoegsame finansiele- en gebeds ondersteuning te werf om sodoende aan die streng vereistes van die Noordelike Sinode te voldoen voordat ons na Portugal kan vertrek. Ons beoog om voor die einde van 2010 ook ander gemeentes, groepe en individue by Portugal Sending te betrek en voorsien dat ons wyd sal moet reis om díe doel te verwesenlik.
Ons is bewus daarvan dat ons nooit hierdie grootse taak in ons eie krag kan vermag nie en ons vertrou dat God op Sy unieke manier sal voorsien in al ons huidige en toekomstige behoeftes.
Kontakbesonderhede:
Selfoon: 084 423 5005 - Gerrie
082 978 0659 - Arlene
E-Pos : portugalsending@gmail.com
Pos : NG Kerk George-Bergsig: Sending Portugal
Posbus 4040
George-Oos
6539
Bankbesonderhede:
NG Kerk George-Bergsig:Sending Portugal
Nedbank George (Takkode 109114)
Spaarrekening nr. 2091178349






Onlangse Kommentaar