Talentkonsert

deur admin » kliek hier vir die volle artikel

Bergsig se eerste talentkonsert was ‘n reuse sukses. Rooikappie gaan nooit weer dieselfde betekenis hê nie…. kyk gerus na die pragfoto’s:

‘n Kwartier voor die vertoning, is die drie leraars in die kerkkantoor bymekaargeroep en vertel dat hul die eerste item op die program is: Rooikappertjie! Rudolph Grobler (wat die Jeugbediening volgende jaar gaan oorneem) is ook sommer ingespan!

Liz Venter , die regisseur, het met groot passie vir Hannes (oumatjie), Anton (die nare wolf), Charl (Rooikappie) en Rudolph (die houtkapper) afgerig. Groot was ons verbasing toe hul met Harley Davidsons arriveer, en die verhoog op horings neem…. Kyk gerus na die “aksie” fotos:

Die res van die konsert het meer vreedsaam verloop. Bergsig hét talent! Dankie aan almal wat deelgeneem het, die fantastiese gehoor en ook die “agter-die-skerms” span, wat alles so seepglad laat verloop het.

4 comments Gee jou kommentaar »

Get updates when new comments are added. Subscribe to the comments RSS Feed

j b fletcher
January 2nd, 2011

Dankie vir die fotos. Is daar enige manier wat ek die klank ook by die videos kan hoor?

admin
June 8th, 2011

Die video clip is by die kerkkantoor beskikbaar….

Ilde Joubert
September 8th, 2011

Beste vriend

Ek hou skool by Carinus primêr in Cradock. Ons Konsert is 29 September 2011
en ons onderwysers moet ook ‘n item lewer. Ons het Rooikappertjie in 2009 gedoen en wil dit graag weer doen, maar my computor het gecrash en ek het Rooikappertjie verloor. Is dit dalk moontlik om dit van julle te kry. Ek sal baie dankbaar wees

Groete Ilde Joubert

admin
September 20th, 2011

My rekenaar se hardeskyf is ook daarmee heen, so ek het dit nie meer nie. My kinders het dit by die huis, so ek sal vir jou gaan soek. Het jy Skype, dan kan ek vir jou aanstuur. (George-Bergsig Gemeente)

Gee jou kommentaar » (Nommer 32 by die site)

Spam Protection by WP-SpamFree

HINT: There are NO posts in the category called Events