Wie is ons?

deur admin

GEMEENTEBELYDENIS EN KERNWAARDES

1. Gemeentebelydenis:

almanak-leef-sy-liefdeGod verander lewens Hy stuur ons om sy liefde te leef

2. Kernwaardes:

  • Jesus is ons Hoof – deur sy Gees bepaal Hy ons gedrag.
  • In alles staan die Woord van God sentraal – die Woord is ons kompas.
  • Om in biddende afhanklikheid van God te leef.
  • Elkeen is ’n gestuurde – só is ons deur woord en daad getuies vir God en van Sy liefde.
  • Liefde wat sigbaar word in verhoudings – daarom is gasvryheid en die vestiging van   kleingroepe vir ons prioriteit.
  • ’n Lewe van diensbaarheid – met die gawes wat God ons gegee het.
  • Om deur ’n proses van dissipelskap gevorm te word tot navolgers van Jesus.
  • Om deur eiesoortige eredienste ruimte vir almal te bied om God-drieënig te aanbid.

In enkele woorde saamgevat:

  • Jesus ons Hoof
  • Die Woord ons kompas
  • Gebed - ons hartklop
  • Gestuurdheid -  ons roeping (gefokus op die ouderdomsgroep 18 - 30)
  • Verhoudings - ons passie
  • Diens - ons strewe
  • Dissipelskap - ons wese
  • Feesvierende eredienste - ons inspirasie en vreugde

3. Konkrete fokus:

Die ouderdomsgroep 18 - 30 jaar

embleem

HINT: There are NO posts in the category called Events