Ons storie

deur admin

Geskiedkundige oorsig van die Gemeente

kerk

  • Stigtingsdatum: 15 Maart 1972 (Konsulent - Moedergemeente: Ds. J.D. Thom)
  • Lidmaattal by afstigting: 522;1972-eerste-kerkraad1Eerste Kerkraadsvergadering: 20 Maart 1972
  • Eerste leraar: Ds. S.P. du Plessis (28 Julie 1972 - 13 Julie 1976)
  • Besluit tot oprigting van kerk/saalkompleks vir 800 sitplekke: 21 Augustus 1972.
    Teen beraamde koste van R149 000.
  • Hoeksteenlegging: 1 Desember 1973. Inwyding van kerk/saal: 26 - 27 Julie 1975
  • Tweede leraar: Ds. C.W. Steyn (11 Feb. 1977 - 13 Feb. 1983)
  • Lidmaattal na tien jaar: 962 belydende- en 662 dooplidmate
  • Gemiddelde maandelikse dankoffer na 10 jaar: R5 000
  • Derde leraar: Ds. Charl du Plessis (21 Januarie 1983)
  • Vierde leraar: Ds. R.H. Dick (29 April 1983 - 9 April 1989)
  • Immergroenklub kom tot stand: Junie 1983
  • Inwyding van Kategeselokale: 10 Mei 1985
  • Februarie 1986 word daar met ‘n daaglikse vroeë oggend gebedsgeleentheid begin
  • Die kerkraad keur op 21 Nov. 1988 goed dat verantwoordelikheid aanvaar word vir ‘n evangelistepos in Msinga, Natal.
  • Vyfde leraar: Ds. Anton Louw (26 Mei 1989)
  • Sesde leraar: Ds. Hannes Pretorius (11 Mei 1990)
  • Eerste Biltong-, Brood- en Woordaand: 1990
  • Eerste keer met die karavaan op ‘n Saterdagoggend in die dorp uitgereik: 23 Maart 1991
  • Eerste stranddiens by Heroldsbaai: 1992
  • “Lewe in die lig” word as ons gemeente se visie en missie aanvaar: 1993
  • Gerrit Brink word die eerste sendeling wat deur die gemeente uitgestuur word: 24 Januarie 1993
  • Die gemeente begin bid vir Algerië: Januarie 1993
  • Eerste werkerskamp/uitreiking na Msinga (KwaZulu Natal): 1993
  • Kerkraad word verklein en dienswerkerstelsel word ingestel: 1993
  • Petria Theron word as sendeling na Mosambiek gestuur: 5 Desember 1993
  • Die gebedskamer word in gebruik geneem: 1994
  • Daar word begin met die eerste selgemeentes: September 1994
  • Jeugwerkspos word in die gemeente geskep: 1995
  • Eerste geloofsgelofte-offers (met oog op wêreldsending) word gemaak: 1996
  • Die gemeente se Sendingbeleid word aanvaar en goedgekeur: 19 Augustus 1996
  • Na 25 jaar: Maart 1997 lidmaattal: 1732 belydende- en 683 dooplidmate.
    Gemiddelde maandelikse dankoffer na 25 jaar: ± R50 000
  • Francois en Nadia Hattingh word as sendelinge na Mosambiek uitgestuur: 13 April 1997
  • André van der Bergh word as sendeling na Albanië uitgestuur: 10 Augustus 1997
  • Amos en Moses word na Frankryk/Algerië uitgestuur: 21 Februarie 1999
  • Herstrukturering van Kerkraad: 30 Augustus 1999
  • Dinsdagaande raak ‘n gebedsaand: 2000
  • Daar word begin met ‘n deurlopende toerustingsprogram op Dinsdae: 2000
  • Projekspanne ter ondersteuning van sendelinge en sendingprojekte kom tot stand: September 2002
  • Gerrie en Arlene Coetzee gaan doen sendingwerk in Brasilië: 2003 - 2007; tans besig vorbereiding vir sendingwerk in Portugal
  • Daar word besluit om deel te word van die “Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes”: Augustus 2003
  • Die eerste dissipelskapgroep as deel van “dissipelskap as ‘n lewenswyse” begin: 2004
  • Daar word begin met ‘n Alternatiewe erediens op Sondagoggende: 20 Februarie 2005
  • Ons gemeentebelydenis kom tot stand: God verander lewens. Hy stuur ons om sy liefde te leef: 2006
  • Ons aanvaar die 18-30 jariges as ‘n besondere bedieningsfokus in ons gemeente: 2007
  • ‘n Kruisdiens op Sondagaande vir tieners en jongmense kom tot stand: Mei 2006
  • 2008 - Lidmaattal: 1937 belydende- en 569 dooplidmate
  • Sewende leraar: Ds. Manie Botha (22 Julie 2007 - 31 Des 2010)
  • Eerste Stranddiensspan reik tydens die Desember-vakansie uit (2007).
  • Gebedskapel word ingehuldig: 17 Okt 2009
  • Rudolph Grobler- finalejaar student- fokus: Jeug (1 Jan 2011)

HINT: There are NO posts in the category called Events